WIE ONS IS

Matzikama Begrafnis Dienste is in 2004 gestig met die doel om 'n plaaslike besigheid te bedryf wat 'n diens aan die omgewing kan lewer en terselfdertyd werk kan verskaf
Matzikama Begrafnisdienste het in 2013 twee nuwe takke geopen, naamlik Calvinia en Touwsrivier.
Ons is betrokke by talle gemeenskapsprojekte wat 'n bydrae tot ons gemeenskappe maak. Matzikama Begrafnisdienste het ook in 2014 met Omgee-projekte in ons bedieningsarea begin. Daar word onder meer geleenthede geskep vir skole en kerke om geld in te samel met geestelike boeke en Bybelprojekte
Matzikama Begrafnis Dienste is 'n goedgekeurde finansiëlediensteverskaffer. Ons bied groepbegrafnispolisse vir alle besighede, sowel as boere.
Al ons agente is goed opgelei om jou van kundige advies te voorsien. MBD is ook 'n lid van die National Funeral Undertakings Association of South Africa (NBOV)
Ons het byna 12 000 gelukkige polishouers wat van ons ondersteuning kan getuig. Ons doen ons bes om aan ons polishouers se versoeke en behoeftes te voldoen

WAT ONS BIED
- Ons bied begrafnispolisse aan vir individue, gesinne en as 'n groep vir plase en besighede
- Ons span kan jou help met die reël van 'n begrafnis of verassing.
- Ons het 'n netjiese vertoonlokaal waar jy na kissies kan kyk waarin jou geliefde begrawe kan word. Ons personeel kan jou help om die beste keuse te maak
VERTROUE OOREENKOMS
Een van ons grootste beloftes aan jou is om seker te maak jou familie en geliefdes rus gerus met die wete dat ons vir jou begrafnis sal sorg. Ons hanteer alle verrigtinge met waardigheid, respek, integriteit en menslikheid
Ervare personeel
Al ons personeellede is opgelei in hul onderskeie velde. Dit beteken dat ons 'n ervare span het wat na jou behoeftes omsien. Hulle beskik ook oor die nodige kundigheid om alle verrigtinge professioneel en sensitief te hanteer.
2004
Ons is al 21 jaar in die bedryf en dus baie ervare in die bedryf.